SEWE EN VEERTIG

SEWE EN VEERTIG

VENTER I

ISBN: 9780798178242

Temporary Out of Stock - Estimated delivery within 15 days
Please request item

Out of Stock

Sarah Fourie kry halfvier op 'n koue wintersoggend 'n oproep van Mosela Mosholi, 'n ou vriendin uit haar tronkdae. Sarah moet nou kom, Kaapstad toe. Datameester Mosi se rekenaars voorspel 'n vierde moord op 'n toeris binne die volgende paar dae en Sarah met haar kuberkrakerkennis moet kom help. Sarah Fourie kry halfvier op 'n koue wintersoggend 'n oproep van Mosela Mosholi, 'n ou vriendin uit haar tronkdae. Sarah moet nou kom, Kaapstad toe. Datameester Mosi se rekenaars voorspel 'n vierde moord op 'n toeris binne die volgende paar dae en Sarah met haar kuberkrakerkennis moet kom help. 

 

Sarah kan nie nee se nie. Sy ken Mosi al jare lank, en haar skuld is groot. Sy sleep haarself uit die bed, gryp 'n oornagsak, en bel vir Jaap. Want Jaap Reyneke moet saam - sy jare as polisieman is al raad wat sy het indien 'n moordenaar in die moederstad skuil. 

 

Dit is 'n onvoorspelbare, donker Kaapstad wat op Jaap en Sarah wag. 'n Stad waarin misdadigers die toutjies trek, waar hommeltuie bokant jou stilweg tred hou van goeie en minder goeie dade, en toeriste salig onbewus is van dit wat in Clifton en Kampsbaai broei. 

 

Nog 'n verbluffende roman deur die meester-krimiskrywer Irma Venter. 

 

Mosela Mosholi, 'n ou vriendin uit haar tronkdae, bel Sarah Fourie halfvier op 'n koue wintersoggend wakker. Sy moet nou kom, Kaapstad toe - 'n vliegtuigkaartjie vir die eerste vlug is klaar bespreek. Datameester Mosi se rekenaars voorspel 'n vierde moord op 'n toeris binne die volgende paar dae en Sarah met haar kuberkrakerkennis moet kom help. 

 

Sarah kan nie nee se nie. Sy ken Mosi al jare lank, en haar skuld is groot, so sy sleep haarself uit die bed, gryp 'n oornagsak, en bel vir Jaap. Want Jaap Reyneke gaan moet saam - of hy nou wil of nie. Mosi is in die moeilikheid en Jaap se jare as polisieman is al raad wat sy het indien 'n moordenaar in die Kaapse strate rondloop. 

 

Dit is 'n onvoorspelbare, donker Kaapstad wat op Jaap en Sarah wag. 'n Stad waarin misdadigers die toutjies trek, waar hommeltuie bokant jou stilweg tred hou van goeie en min minder goeie dade, en toeriste salig onbewus is van dit wat in Clifton en Kampsbaai broei. 

 

Van Seepunt en Manenberg in Kaapstad tot Tokio en Hakone in Japan. Nog 'n verbluffende roman deur die meesterkrimi-skrywer Irma Venter.

ISBN Number 9780798178242
Author/s VENTER I
Format Book
Edition 1ST - 2019
Publisher HUMAN & ROUSSEAU
Format